Ek het hierdie shoot gelove! Judika en haar vriendinne het besluit om foto’s te laat neem terwyl hulle almal in Blouberg bymekaar gekom het vir die naweek. Alhoewel die wind vreeslik gewaai het, en dit maar lekker koud was, het dit nie ‘n demper geplaas op die lawwegeid en pret wat hierdie klomp tydens die shoot gehad het nie. Selfs Carien met haar 40 weke magie het nie teruggestaan as dit kom by ‘pose’ vir die kamera nie. In teendeel was die voor in die koor. Vandag is sy ‘n baba dogtertjie ryker – Vreeslik baie geluk. Mag sy julle oneindige vreugde bring. Geniet julle foto’s!
2 Responses
Elsa
Dit is so fraai – wonderlike foto’s, wat die hegte vriendskap fantasties vasvang. Wat ‘n slim idee om goeie herinneringe byderhand te hou! Briljant Mariska!
Judy van Zyl
Pragtige foto’s van pragtige meisies (vrouens en mammas). Hul innerlike skoonheid weerspieël ook in die foto’s. Almal verspreid oor SA en die wêreld. Goeie idee om nuwe herinneringe te skep. Mariska, dis pragtige foto’s wat jou professionaliteit en kuns weereens bewys.