Dit was wonderlik om deel te kon wees van die ongelooflike spesiale dag in Elbe en Heinrich se lewens. Die paartjie is van Pretoria, maar met fyne beplanning op ‘n naweek wat Elbe by ‘n vriendin kom kuier het in die Kaap, het Heinrich self ook af gevlieg en haar hier kom verras met die groot vraag. Elke liewe ‘detail’ was haarfyn beplan, en ek is nou nog beindruk met hoe goed alles in plek geval het. Van ‘n perde rit deur die wingerd, leidrade langs die pad, ‘n legkaart kompetisie waar Elbe ‘n bottel wyn gewen het met ‘n baie spesifieke beskrywing op die etiket, die kersies wat die paadjie gely het tot in die middel van die kelder, die sangeres wat haarself uitstekend van haar taak gekwyt het, DIE GROOT VRAAG, en om af te sluit ‘n piekniek en ‘n fotosessie van Elbe, Heinrich en klein Zané, wie ook ingesluit was in die groot dag. Baie geluk met die verlowing julle twee!!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply