Liezl en JP is die oulikste paartjie en die liefde straal omtrent uit hierdie tweetjies. Ons het hul verlowings foto’s by die mooie Kirstenbosch gaan neem en het ons omtrent ‘n stryd met die weer gehad daardie oggend. Net toe ons wou begin, het die reen neergestort en moes ons eers bietjie wag. Ons het gelukkig op die ou einde dit reg gekry om ‘n paar foto’s te neem, alhoewel ons gereeld moes hardloop vir skuiling. Al wou die weer nie heeltemal saamspeel nie, was dit steeds ‘n lekker oggend en het ek dit vreeslik geniet. Ek sien uit na hul troue in Maart volgende jaar!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

3 Responses

  1. Charlotte Treurnicht
    | Reply

    Baie mooi!

  2. Lesca
    | Reply

    Baie mooi foto’s!!!

  3. Tania
    | Reply

    Julle is pragtig!

Leave a Reply