Dit was so spesiaal om Johan en Guzelle se swangerskap foto’s te neem. Guzelle verwag ‘n seuntjie en die mannetjie gaan sy opwagting vroeg in Augustus maak. Sy is ‘n tipiese voorbeeld van ‘n stralende swanger vrou, en Johan is vreeslik in sy noppies met hul eersteling wat oppad is. Die twee hondekinders het ook saamgekom vir ‘n paar foto’s, en binnekort ishierdie gesinnetjie van 4, een van 5. Julle gaan sulke great ouers wees. Ek sien uit om die knapie binnekort te ontmoet. xx
Hare & Make-up: Maré Müller
3 Responses
Guzelle
Sooo baie dankie M! Jy en jou kamera doen magic! Dit was baie spesiaal!! xx
Lesca
Beautiful fotos Mariska!
Frances Hendriks
Wel gedaan. Mens kan selfs die atmosfeer van geluk en tevredenheid aanvoel. Watter mooi herhinnering van hul swangeskap. As Hunter eendag daarna kyk, sal hy weet sy Mamma en Pappa het baie uitgesien na sy geboorte. Ek is baie trots om sulke oulike kinders te mag he.