Daar is min dinge so mooi soos die troudag van twee mense wat vir mekaar bedoel is nie. Hul sprokiestroue het in die hartjie van die stad afgespeel, en was dit vir elkeen wat daar was, ‘n dag om te onthou! Melany was een van die mooiste bruide met die allermooiste trourok wat ek nog gesien het! Die decor was sag en romanties en die kos was uit die boonste rakke. Ons stap al jare lank ‘n pad saam, en van dag 1 kon mens sien dat hierdie liefdesverhaal gaan werk. Hulle is ‘n absolute voorbleed van ware liefde en ‘n groot inspirasie vir almal van ons. Mag julle sprokie vir altyd voortleef!
“The first time I saw you my heart whispered “That’s the one”
Diensverskaffers:
Rok: Robyn Roberts Bridal
Bridesmaid rokkies: Hoiden
Hare en Grimering: Michelle Lee Collins (Make-up) en Saskia (Hare)
Bruidegom se Pak: Tidy Tucs
Blomme en Decor: Estelle Franken (Decordate)
Troukoek: Tessa’s Bakery
Videograaf: Arjen Visscher – Dutch Tulips
DJ: La Dolce Vita








































































































One Response
Lesca
Stunning foto’s!!!