Wow! Wat ‘n ongelooflike troue! Eerstens was die bruid beeldskoon, met die mooiste hare, die mooiste rok en die mooiste persoonlikheid. Die dekor was elegant, nes Nadia dit wou he, en Erlank was netjies uitgevat in sy swart pak. Blykbaar iets wat mens nie gereeld sien nie… Tweedens was hierdie die troue met die meeste emosie wat ek nog ooit ervaar het. Ek het so baie gehuil op die dag, van die eerste keer wat Nadia se pa haar gesien het, waar sy in die padjie afgekom het tot die Dominee se preek, maar niks kon my voorberei vir die oomblik toe Nadia se ouma besef die nuwe rok wat sy later die aand aangetrek het, gemaak is uit haar eie trourok van baie jare gelede. Sjoe, almal het gehuil, maar ek dink ek het die hardste, haha! Wat ‘n ongelooflike spesiale oomblik!
“All that you are is all that I’ll ever need”
Erlank en Nadia pas so mooi by mekaar. Die liefde tussen hulle is in oorvloed; ‘n absolute voorbeeld vir almal rondom hulle. Baie geluk met die nuwe hoofstuk in jul lewens. Wanneer julle terugdink aan hierdie dag, mag julle altyd die liefde van julle familie en vriende onthou, en mag hierdie pragtige herinneringe ‘n deel wees van die vreugde wat vir altyd in julle harte sal wees.
Diensverskaffers:
Trourok: Bride & Co
Strooimeisie rokkies: Lisa van Rensburgh
Grimering en Hare: Nina Bruwer
Bruidegom se Pak: Euro Suits
Dekor: Ruan van Heerden & Joy Coetzee
Kos: Ruan van Heerden
DJ: Mike Engelbrecht
Beligting: Audio Quest
Troukoek: Tihmily Cakes – Roenel Swart
Videograaf: Popped Red Balloon Production





















































































































Leave a Reply