Met groot opgewondenheid het Stephan en Yolandi se sprokiesdag aangebreek. Ma Lynne en Ma Siegrid het gesorg vir die mooi blomme en decor, en was van vroeg af al bedrywig om alles perfek reg te kry vir wanneer die groot oomblik sou aanbreek daardie middag. Yolandi het vreeslik mooi gelyk in haar Karin Raubenheimer rok wat haar soos ‘n handskoen gepas het. Die troukar (Fritzie) is Stephan se Oupa Stompie sin en was ook sy ouers se troukar 28 jaar terug gewees. Die dag het perfek afgeloop en vriende en familie het hierdie spesiale oomblik in Stephan en Yolandi se lewens, saam met hulle geniet.
Rok: Karin Raubenheimer
Bridesmaids Rokkies: Karin Raubenheimer
Hare: Lana Zietsman
Grimering: Engela Altenburger
Blomme & Decor: Ma Lynne & Ma Siegrid
Troukoek: Chantel Venter
Videograaf: Iseecreative
DJ: Johnny Volschenk



























































































2 Responses
Karin Raubenheimer
Die fotos is stunning jul het baie mooi gelyk, troue en alles
Lynne Rabe
Baie dankie Karin vir jou groot aandeel in die pragtige rokke en uitrustings.