Bertus en Ristine het hul Bruilofsfees by die mooie Groenrivier in Riebeeck Wes gevier. Die dag het perfek afgeloop, nes Ristine dit so noukeurig beplan het. Sy het behoorlik gestraal en Bertus was vreeslik trots op sy pragtige bruid. Die gaste was bederf met lekker eetgoedjies na die seremonie, terwyl hulle rustig onder die koeltebome kon ontspan en na Ricky Nass luister. Ons het ‘n paar foto’s gaan neem na die bruidspaar eers ‘n paar oomblikke saam met hul gaste deurgebring het, en toe weer later die aand uitgeglip vir die amptelike fotosessie. Hoop julle geniet die foto’s!
Rok: Tracy Bridal
Hare: Liezel K – Riebeeck Kasteel
Grimering: Annemari
Blomme en Decor: Varsliefde – Mariette Loubser
Troukoek: Zonnique Angles (Vriendin van Bruidspaar)
DJ: Deejay – Gerhard & Ricky Nass































































4 Responses
Elsa
Pragtige foto’s Mariska!
Magdel Brink
Pragtige bruid en bruidegom!!!!! Uitsonderlike foto’s – veral die een by die windpomp!!!!
Lesca
Sjoe Mariska! Die foto’s is stunning!
Chantel
Mariska, ek love jou fotos!! Die een by die windpomp is my gunstelling!!