Jaco en Zelmarie is oorspronklik van Pretoria, maar werk en bly in Abu Dhabi. Die bruidspaar het Suid Afrika toe gekom om hul bruilof saam met familie en vriende te vier, en het op die ongelooflike venue, De Uijlenes, net buitekant Gansbaai in die Wes-Kaap, besluit. Zelmarie het soos ‘n absolute sprokie gelyk, en glo ek was daar nie een droë oog toe Zelmarie se Stiefpa haar die padjie afloop nie. Die decor was ‘n fees om af te neem en die venue het hulself, soos gewoonlik, oortref met uitstekende diens en heerlike kos. Die paartjie is so mooi saam. Ware liefde wat mens ‘n myl ver kan sien, en duidelik sigbaar is op die foto’s. Geniet dit! xx
Trourok: Enzoani beautiful – House of Silk
Bridesmaid rokkies – Forever New
Hare en Grimering – Olivia en Jeanre du Plessis
Blomme en Decor – The flower scene
Troukoek- Caffe Blu (Nina)
DJ: Dean Beatge
2 Responses
Elene Cronje
Stunning!!!! Mooiste dag! Mooiste mense!! Take me back!! Julle fotos is prentjie mooi!!
Elsa
Pragtige fotos – die tonele is asemrowend mooi!