Emile en Anel is altwee plat op die aarde met warm, aangename persoonlikhede en word gesien as ware vriende deur die mense naby aan hulle. Behalwe vir hierdie mooi kwaliteite, is hulle ook gaande oor mekaar en straal die respek en liefde vir mekaar aan almal uit wat selfs net na hul kant toe kyk. Dit was ‘n groot voorreg om die begin van die res van hul lewens saam te kon vasvang. Die venue was ongelooflik met die mooiste uitsig en die lekkerste kos. Die dekor was sag en romanties, maar het tog steeds ‘n Weskus atmosfeer gebring. Anel het ongelooflik in haar Lana Design Studio rok gelyk wat spesiaal vir haar gemaak is. Gaste het van orals oor die wereld gekom om hierdie Bruilofsfees saam met Emile en Anel te vier, en kan ek met sekerheid se dat almal daar hulself gate uit geniet het.
Trourok: Lana Design Studio
Hare en Grimering: Else-Marie Nigrini
Bruidegom se Pak: Hilton Weiner
Blomme en Decor: Anita Rabie
Troukoek: Riana Bester
DJ: Frans Pieters





































































5 Responses
Lesca
Wow Mariska! Die foto’s is ongelooflik mooi!! Stunning!!!
alicia
ongelooflik mooi!!!!!!
Christine Kruger
Amazeballs verby. ANEL jy was n stunningly beautiful bruid.
Jandre Schreuder
Ja nee dit is baie mooi!
Elsa
Pragtige foto’s Mariska. Die kleure wat die bruid gekies het is lieflik en hul maak ‘n pragtige paartjie.